FirstRand begin met sy eie geldeenheid - eBucks


More Press Releases appeared in Sake Volksblad - 13 June 2000

FirstRand hoop dat hy met die bekendstelling van sy jongste produk geskiedenis sal maak as die eerste finansiële instelling wat 'n elektroniese geldeenheid steun. Hy wil daarmee ook sy kliënte aanmoedig om hierdie kostedoeltreffender elektroniese dienste te gebruik.

eBucks, wat in die laaste kwartaal vanjaar bekend gestel sal word, is 'n kliëntelojaliteistsprogram waarvolgens kliënte die elektroniese geldeenheid kan gebruik as betaling vir enige van die finansiële dienste wat deur maatskappye in die groep gelewer word.

Deur die gebruik van die dienste sal kliënte ook eBucks kan verdien as aansporing om die goedkoper en meer doeltreffende elektroniese dienste te gebruik. Die waarde van eBucks sal gekoppel wees aan die waarde van die rand.

FirstRand het 'n afsonderlike maatskappy, eBucks.com, in die groep gestig onder leidig van mnr. Michael Jordaan. eBucks.com sal opgestel word as 'n electroniese poort waardeur kliënte toegang kan kry tot die produkte en dienste van onder meer ENB, Origin, Henry Ansbacher, OUTsurance, Momentum, Wesbank en RAB-effektetrusts. In die toekoms sal 'n uitgesoekte groep maatskappye toegelaat word om eBucks aan hul klante te bied om hul mededingendheid te vergroot.

Paul Harris, uitvoerende hoof van FirstRand en voorsitter van ebucks.com, sê met die nuwe onderneming kan die kundigheid in die verwerking van transaksies van die groep benut word. As 'n groep doen FirstRand maandeliks meer as 50 miljoen transaksies vir 5 miljoen kliënte, waaronder 27 000 handelaars. Hy het ook 'n uitgebreide netwerk van outomatiese tellermasjiene.

Houers van eBucks-rekeninge sal die elektroniese middel van hul keuse kan gebruik en is nie net beperk tot die internet nie. Die dienste sal toeganklik wees deur die internet, selfone asook deur gewone telefone via die oproepsentrums en die interaktiewe stemstelsels. Gebruikers van debiet-, krediet en knapkaarte sal ook eBucks kan verdien.

Harris sê FirstRand sal R300 miljoen in die projek belê en hoop om dit uiteindelik internasionaal uit te brei.

About eBucks:

eBucks, the rewards programme offered by First National Bank (FNB) and RMB Private Bank, is acknowledged as one of South Africa's leading rewards programmes with highly active members spending in excess of 80% of the eBucks earned in any given month.